Boetedoening
Vader as ons na U toe kom om vandag spesifiek boete te doen en berou te toon rondom die pandemie van MIV/VIGS vra ons U vergifnis:
· Dat ons vele kere versuim om die oplossing wat daar in Christus is aan mense wat met VIGS leef, te bring.
· Vir die leemte dat ons nie die eenheid in Christus uitleef nie, omdat ons soms verwerpend is teenoor mense wat met VIGS lewe.
· Dat ons nie met verantwoordlikheid en volgens U wil seksueele verhoudings aangaan nie.
· Dat ons nie U liefdesgebod uitleef nie.
· Dat ons nie ons naaste soos onself liefhet nie.
· Dat die leed van so baie van ons landsgenote rondom VIGS so groot is dat ons onmagtig voel om ’n verskil te maak.
Ons Vader, hoor ons berou vandag en help ons om U hoop aan almal wat deur MIV en VIGS geraak word te bring.
AMEN




