Gebed te Midde van Vigs

Almagtige God, Vader, Seun en Gees
Ons kom na U as die Bron van alles wat goed is
Ons staan voor U as ‘n kerk wat oorweldig is deur MIV en Vigs, ’n kerk waar daar nie meer ’n hulle en ’n ons kan wees wanneer
Ons bid vir U gawes.
Ons kom na U as die Bron van lewe,
Ons staan voor U as wetenskaplikes en navorsers wat soek na antwoorde.
Ons bid vir nuwe idees en ‘n oop gemoed, om maniere te vind om lewe te bewaar en te beskerm teen die verwoesting van die virus.
Ons kom na U as die Bron van lig en wysheid.
Ons staan voor U as ‘n kerk met ons blindheid en ons onkunde,
Ons bid vir insig om te reageer op die morele, etiese en menslike dilemmas wat die epidemie na vore bring.
Ons kom na U as die Bron van vrede.
Ons staan voor U as gemeenskappe wat uitmekaar geskeur is deur wantroue en stigma,
Ons bid vir die vermoë om ons vrese opsy te skuif en mekaar te omarm, ongeag ons probleme en verskille.
Ons kom na U as die Bron van deernis.
Ons staan voor U as ‘n kerk vol apatie, ‘n kerk wat afwesig is in die lewe van die wat swaarkry en die wat hulle versorg,
Ons bid vir ‘n nuwe gees, en die gewilligheid om deel te word van hulle realiteit.
Ons kom na U as die Bron van krag.
Ons staan voor U as versorgers, mediese personeel en families, met ons afgematheid, ons moegheid, ons moedeloosheid, wanneer omgee te veel word,
Ons bid vir steun, vir bronne, vir energie om aan te gaan, selfs wanneer ons dink dat dit onmoontlik is.
Ons kom na U as die Bron van vertroosting.
Ons staan voor U as mense wat siek is van die infeksies wat saam met Vigs kom, in pyn, in ongemak, in isolasie
Ons bid vir sagte hande om ons te versorg, vir effektiewe medikasie om ons simptome te verlig, vir liefdevolle gemeenskappe om ons te omring.
Maar meer as enige van hierdie dinge, Here

Kom ons na U as die Bron van liefde
Ons staan voor U as mense wat vergeet het wat dit beteken om lief te hê of liefde te ontvang,
Ons bid dat U ons verander, vernuwe en leer, om Christus te wees vir mekaar, te midde van MIV en Vigs.

AMEN