(Geloofs)krisis
Habakuk 2 – eintlik die hele boek van Habakuk – staan teenoor ons pogings om enkelvoudige antwoorde te gee wanneer mense swaarkry en daarom met God worstel. Wie erns maak met Habakuk se worsteling met God en dit wat hy aan ons deurgee van wat hy van God ontvang het, sal nie anders kan nie as om ook met begrip (geduld) erns te maak met 'n medemens wat met God (of met sy / haar lewensomstandighede) worstel. Daarom word die gemeente deur hierdie Skrifgedeelte opgeroep om ruimte te maak vir mense wat (soos Habakuk) – deur watter omstandighede ook al – 'n (geloofs)krisis beleef.
