RIMenuButton        DBMenuButton           

Kennis Sonder Liefde Kan Nie Opbou Nie

Share this
Bible Book: 
2 Corinthians / 2 Korintiers
Bible Chapter: 
8
Bible Verse From: 
1
To Verse: 
13

1 Korintiërs 8:1-13
Waarskynlik het die gemeente van Korinte 'n brief met 'n aantal vrae en onsekerhede aan Paulus gestuur. In hoofstuk 8 reageer Paulus op die vraag rakende die eet van vleis wat aan afgode geoffer is. In sy antwoord pas Paulus 'n belangrike beginsel op hierdie praktiese vraag toe.


Paulus erken dat die gelowiges in Korinte goeie kennis het. Maar hy bevraagteken of hulle vir mekaar omgee. Die belangrike uitganspunt wat ons moet begryp wanneer ons hierdie hoofstuk lees, is die baie belangrike verhouding tussen kennis en liefde, tussen verstaan en omgee, tussen waarheid en besorgdheid. Wanneer hierdie verbande verbreek word, maak kennis alleen verwaand, verstaan kan in werklikheid misverstaan wees en sorgelose waarheid kan iemand seermaak. Dis is ook belangrik om te onthou dat liefde sonder waarheid maklik mislei kan word.


Terwyl 'n direkte vertaling vers 1b vertaal as: “Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig” (1953 vertaling), help vertalings wat ook interpreteer ons meer. Vergelyk die NLT: “But while knowledge makes us feel important, it is love that strengthens the church.”


Ek vind die volgende praktiese toepassing van die hoofstuk deur William Loader verhelderend: “In each new situation we need to decide. The issue is always relationships, seen in the context of God's will of wholeness for people. It can never just be about being right or about getting people by hook or crook to do things our way.”
Paulus gee sy eie praktiese toepassing in vers 13: “Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie” (1983 vertaling).


Om oor na te dink (of te bespreek): Is daar 'n verband tussen “MIV verwante stigma” en “kennis sonder liefde”?


Sermon Language: 
Afrikaans
Sermon Author: 
N du Toit (Ds)