RIMenuButton        DBMenuButton           

Skoksyfers oor VIGS in Skole. 17/2/10

Share this
In a worksession on demography of ABN, speaker Chris Klopper revealed shocking statistics on HIV in schools. According to recent reseach
- 13,9% of teachers are HIV poisitive This represents 51 745 of a total of 372 000 teachers.
- 14,52%, of learners, that is 1,8 million of the 12,4 million in the country are HIV positive
- 7,10% of all university staff are living with HIV, and of the academic staff  1 968 (4,76%) are living with HIV.
Alet Rademeyer
2010-02-17

 PRETORIA. – Meer as een uit tien leerlinge en onderwysers in Suid-Afrika het vigs onder lede. Algeheel het sowat 1,8 miljoen skoliere en 51 745 onderwysers MIV/vigs.

Dié skoksyfers is gister op ’n werksessie van die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) in Pretoria bekend gemaak waar kundiges oor onderwerpe oor demografie gepraat het.

Die ABN is besig met scenario-beplanning vir moontlike toekomspaaie vir die land na aanleiding van die Dinokeng-scenario’s wat verlede Junie gepubliseer is en waar die hoofprobleem in die land uitgewys is as ’n kombinasie van die ondoeltreffende staat en ’n onbetrokke burgerlike samelewing.

Die ABN verteenwoordig ’n wye verskeidenheid Afrikaanse organisasies.

Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het met verwysing na gehalte, kundigheid en vaardigheid in die onderwysstelsel gesê wanneer oor toekomsbeplanning gepraat word, kan die impak van MIV/vigs nie buite rekening gelaat word nie.

Klopper sê volgens die jongste statisitieke het sowat 13,9% van die onderwyserkorps MIV/vigs. Dit verteenwoordig 51 745 uit ’n totaal van 372 000 onderwysers.

Die infeksie onder leerlinge staan op 14,52%, met 1,8 miljoen uit die 12,4 miljoen leerlinge in die land wat MIV/vigs het, het hy gesê.

In die hoëronderwyssektor het 7,10% van alle personeel aan universiteite MIV/vigs, wat neerkom op 7 714 uit die totaal van 108 687.

Van die totale akademiese personeel van 41 383 by universiteite, het 1 968 (4,76%) die siekte, het Klopper gesê.

Die infeksiekoers onder studente is ook hoër op 91 892 uit sowat 750 000.

 - Klopper het gepraat oor tegniese en tegnologiese opleiding in die land en gesê die ou tegniese kolleges wat deesdae kolleges vir voortgesette onderwys en opleiding (VOO) is, het ’n dramatiese inploffing gehad en is geheel en al disfunksioneel.

Die deelname aan hoër onderwys is vir die hele bevolking sowat 16%. Wat die onderskeie rasgroepe betref, is dit 12% vir swartes en bruines, 43% vir Indiërs en 54% vir wittes. In 2008 was daar altesame 90 758 wit Afrikaanssprekende studente uit ’n totaal van sowat 799 490 studente aan universiteite.

Die inskrywingsgetalle van wit studente het van 38% in 1995 tot 32% in 2003 afgeneem en by voormalige technikons van 41% in 1995 tot 14% in 2003. “ ’n Krisis ten opsigte van tegnici Suid-Afrika in die gesig.”
 - Klopper het ook verwys na die groeiende krisis rondom Afrikaanse onderwysers. Verlede jaar was daar 7 270 voorgraadse onderwysstudente aan die tradisioneel Afrikaanse universiteite. Hiervan is 4 694 Afrikaans en 2 576 Engels. Die prentjie lyk baie anders by nagraadse studie waar van die 19 189 onderwysstudente net 3 274 Afrikaans en 15 915 Engels is.
 - Prof. Flip Smit, demograaf en oudrektor van die Universiteit van Pretoria (UP), het ’n internasionale perspektief op die land se demografie gelewer en gevaarligte uitgewys soos ’n bevolking van meer as 14 miljoen wat op welsyntoelae leef, terwyl net 5,3 miljoen belastingbetalers is. “Maatskaplike welsyn het só groot geword dat mense na dorpe en stede stroom en glo hulle hoef nie meer te werk nie.”

Hy het gesê daar is ’n nuwe polarisasie in die land op grond van die verskille tussen ryk en arm. “Die werklikheid is dit gaan nie help om die veiligheidsmure in stedelike gebiede net hoër te maak om van die plakkerskampe weg te kom nie.

“Daarbenewens beleef die onderwysstelsel baie groot terugslae en word die jeug nie opgelei nie weens vervalle kolleges.”

Smit het gesê Suid-Afrika het sedert die 1930’s die eerste keer meer as 600 000 arm blankes. “Daar sal indringend gekyk moet word na opheffingswerk onder dié mense.”

- Volksblad